Oom Karoolus en Lente: Die Moewie

 —
Rating
Likes Talking Checkins
0 0
Description Ons maak DV volgende jaar ‘n vollengte rolprent te skiet met ons karakters Oom Karoolus en Lente. Die idee sal wees om ‘n rolprent te maak, baie op die formaat van die Muppets, dws waar poppe en mense die rolle vertolk.

Die manier hoe Frans Cronje sy nuwe fliek "Baredeur"gemaak het, het ons geinspireer om dieselfde beginsel te gebruik. Ons gebruik dit wat ons het, en vertrou die Here om dit te vermenigvuldig. Verder gebruik ons die talente van familie en vriende en ander mense wat bereid is om vrywillig saam met ons aan die fliek te werk. Mense wat bereid is om iets te "leen" of beskikbaar te stel. En natuurlik ook mense wat bereid is om fondse te gee. SO! As jy lus is om deel te neem aan ons projek,'n geldjie te gee om iets spesifieks te koop OF om te help op die stel, kyk gerus na die lys van benodigdhede hieronder!As dit VAder se wil is, begin ons die moewie skiet van 4 tot 20 Februarie 2013 in die Settlers, Tuinplaas omgewing naby Pretoria!

As daar iets in jou hart gebeur - skryf aan ons by lente@lente.co.za of post op die blad!

1 Oom Karoolus se karretjie - enige ou voertiug, verkieslik stasiewa, of 'n voertuig met 'n kattebak wat oop is waarin Letitia kan lê om Lente deur die agterste kussing vas te hou!!! Die karretjie moet ons kan verander, beverf en ougat maak!! ONS HET EEN!!!! KYK UIT VIR HOE HY LYK!!! EERSDAAGS op FACEBOOK te sien!

2 Ai, ons sal sooo graag wil afneem met die nuutste Canon 5D merk 3 kamera! MAAR, iemand vir ons R50 000 vir alli lense en goeters? Of 'n deel daarvan? ONS LEEN EEN!! DANKIE JACQUES!!!!!

3 Vir die mense wat weet van films maak - ons soek gips, dollies en daai goete! Kyk, Oom Karoolus en Lente weet NIKS van sulke goete af nie - my seun wat die MOEWIE maak, noem al hierdie woorde vir ons!! As iemand iets kan leen, sal dit wonderlik wees!! HET GEKRY!!

3 Motorfiets met sykar of ou motorfiets/Vespa EEN GEKRY!!!! BAIE DANKIE
4 Ou dikwiel fiets (vir die posman!) met mandjie. EEN GEKRY!!!! BAIE DANKIE
5 Ou kombi wat ons kan leen waarin die puppets ry! HELP ASB!!!! HET EEN!!

6 Ons neem af in 'n pretpark - weet iemand miskien waar ons so plek kan kry? Nou nie 'n Gold Reef City nie! ANNERS maak ons ons eie pretpark! Ons kort "rides", springkastele, swaaie, stalletjies met pannekoekbak, roommys, diertjies, perdjies, ballonne, skyfskietgoedjies, ens. Amper soos by 'n kermis!
HET EEN!!

7 VRYWILLIGERS!!!! HELP ASB!!!! Dankie aan die wat alreeds aangedui het!
ONS BEGIN KRY!! DANKIE! SOEK NOG!

8 Iemand miskien vir ons so 'n verkyker wat jy net met een oog kyk? Daais wat so uittrek wat hulle op die ou skepe gebruik het? Op die oomblik 'n speelgoed een, maar die ware jakob sal great wees!!! HET EEN!!

9 Die "soekspan", wat Lente help soek, se motors moet op die deure ge"brand" word met 'n logo! As iemand dit kan borg!!! (6 voordeure van bakkies) Kyk daai klomp ouens gaan nou oulik wees. Jy soekie skoor met hulle nie!!

10 Nou vir iets snaaks! Ons soek drie GROOT vangnette - wat soos skoenlapper vangnette lyk, maar grotes! Amper om 'n mens daarmee te vang! Julle sal die fliek moet sien om te weet waarvoor dit gebruik gaan word!! HET GEKRY!!!

11 Deel van die soekspan wat vir Lente gaan soek, is 'n vliegtuig. As iemand sy vliegtuig ons kan leen, sal dit wonderlik wees! Dis maar 'n paar skote wat afgeneem gaan word. Ons wil ook graag helikopter skote neem - as daar iemand is wat kan help skakel ons! ONS HET GEKRY! en BAIE DANKIE AAN BLUE CHIP FLIGHT SCHOOL vir hulle borgskap!!!!!

Baie dankie!






Share

Reviews and rating

Avatar
Rate this movie